Moorreesburg VS Malmesbury: Hier is die feite!
Die afgelope naweek het Moorreesburg Golf Klub vir Malmesbury Golf Klub aangevat in 'n groot Derby stryd! Elke span het betaan uit 15 beter bal spelers.
Die uiblinkers vir Moorreesburg was:
Maurice Carr & Johann Nieuwoudt met 47 Punte
Nico Bester & Jannie Durr met 43 Punte
Erika v Niekerk & Annelise Smit met 41 Punte
Die top Malmesbury spelers was:
Richard Adonis & Eric Februarie met 42 Punte
Koos Loubser & Du Toit Van Zyl met 41 Punte
Wayne Van Tonder & Izelle Van Tonder met 40 Punte
Mooreesburg se groot totaal was 578
Malmesbury se groor totaal was 531
Moorreesburg wen dus die eerste Swartland Derby sedert 1988 met 'n gerieflike 47 punte!
Malmesbury sal natuurlik wil sterk terugkom in die volgende Swartland Derby wat in die volgende maand of twee gespeel gaan word.