Die uitslae is in: Klub Kampioenskappe 2014

Vir die eerste keer het Moorreesburg gholf klub hul jaarlikse kampioenskappe oor twee dae (17-18 Mei 2014) gespeel.

Die eerste 18 gate het Saterdag middag begin en was gevolg met 'n smaaklike steak braai vir die spelers en hul gade.

Die winderige toestande het gemaak dat die gholfers moes hard werk vir hul tellings en na die eerste dag het die verdedigende kampioen, Innes Linder, voorgeloop na 'n rondte van 72 met Ben Smit kort op sy hakke met 'n telling van 75.

Die 2013 Dames wenner, Erika van Niekerk het ook goed gelyk om haar titel te verdedig met 'n telling van 92.

Sondag oggend het die winderige toestande nie verander nie en weereens sou die spelers moes kophou.

Die uitslae was toe soos volg:

Klub Kampioen 2014: Innes Linder (72+74=146)

Dames Kampioen: Erika van Niekerk (92+81=173)

Beste Netto: Ben Smit (68+69=137)

B - Afdeling wenner (mans): Daneil Kriel (86+86=172)

C - Afdeling wenner (mans): Henry April (93+96=189)

C - Afdeling wenner (dames): Annelise Smit (96+92=188)

Featured Posts
Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Classic
  • Twitter Classic
  • Pinterest App Icon

 © 2013-2020 Moorreesburg Golf Club