Kom geniet Kersfees in Julie by die DMA Gholfdag!

Die Darling Music vir Almal musiek skool hou hulle eerste amptelike gholfdag die 19de Julie by Moorreesburg gholf klub.

Die dag begin stiptelik om 12h00 met 'n "Shotgun" afslaan. Die formaat vir die dag is 'n gemengde formaat wat beteken dat die spelformaat verander op elke gat.

Jou speelfooi sluit in ietsie om te eet by die klubhuis na die 9de gat asook pryse, 'n ete gedurende die prysuideling asook 'n orkes om die litte los te maak.

Vir die van julle wat nie gaan gholf speel nie is daar kaartjies beskikbaar om ook die ete en orkes te geniet.

Daar gaan ook 'n veiling plaas vind met verkye versamel items beskikbaar om te koop.

Daar is net 60 plekke bekikbaar vir die gholf, so moenie dit mis nie! Sien jull daar!

Meer informasie oor die Darling Musiek vir Almal - www.darlingmusicforall.org

Featured Posts
Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Classic
  • Twitter Classic
  • Pinterest App Icon

 © 2013-2020 Moorreesburg Golf Club