Pierre De Villiers wen moeilike Moorreesburg Ope
Om 08h00 Saterdag oggend het die die jaarlikse Moorreesburg Ope afgeskop in hoogs ongewone toestande. Vir waarskynlik die eerste keer ooit was die Ope gespeel in dik mis waar die spelers skaars 100m voor hulle kon sien.
Dit het egter die jong De Villiers nie afgesit nie en hy het met 'n telling van 139 (een onder baan) en sodoende die titel met 4 houe gewen. Die uitslae was soos volg:
Pierre De Villiers - 139
Meier Pauw - 143
Karl Osche - 143
Moorreesburg se eie Koos Spangenberg het uitgeblink in die Netto afdeling:
Koos Spangenberg - 132
Deon Coetzee - 136
Ashly Atkinson - 140
Baie dankie aan al die spelers wat deelgeneem het en ons ondersteun het.
Tags: