Moorreesburg gholfklub maak reg vir eerste Tiger Cup 2016

Vir die eerste keer in die Klub se bestaan gaan ons die Moorreesburg Gholfklub Tiger Cup in 2016 implementeer. Dit werk op dieselfde basis as die “FEDEX CUP” wat op die PGA toer gespeel word.
Die toedeling van punte om die gesogte titel as Tiger Cup Kampioen sal slegs toegeken word gedurende die maandelikse houesepel kompetisies. Punte toekenning sal op die volgende basis geskied:
Wenner - 10 punte
2de - 9 punte
3de - 8 punte
4de - 7 punte
5de - 6 punte
6de - 5 punte
7de - 4 punte
8ste - 3 punte
9de - 2 punte
10de - 1 punte
Daar sal gedurende die jaar rekord gehou word van die voorlopers en die top tien puntemakers sal kwalifiseer vir die eindrondte wat in November maand gespeel sal word. Die punte toekenning vir die finale rondte is as volg en die algehele wenner word bepaal deur die speler wat eindig met die meeste punte vir die jaar:
Wenner - 20 punte
2de - 18 punte
3de - 16 punte
4de - 14 punte
5de - 12 punte
6de - 10 punte
7de - 8 punte
8ste - 6 punte
9de - 4 punte
10de - 2 punte
Die pryse vir die wenners is as volg:
Wenner - R1200.00
2de - R1000.00
3de - R700.00
4de - R600.00
5de - R500.00
Wenners het ‘n keuse om hulle pryse te neem in die vorm van koepons wat by die gholfklub gebruik kan word ten opsigte van speelfooie en in die kroeg of alternatiewelik kan die geldwaarde as krediet toegestaan word op hul 2017 ledegelde.
Jy verbeter jou kanse met elke houespel toernooi wat jy speel. Hoe meer jy speel, hoe meer punte kan jy bymekaar maak. Die datumlys vir houespel wedstryde is by die Klub of kan op ons webtuitse gevind word.
Kom neem deel en word Moorreesburg Gholfklub se eerste Tiger CUP kampioen.