Openingsdag - Perdeberg Motor Groep

March 28, 2017

Die Openingsdag wat hierdie jaar weer deur die Perdeberg Motor Groep geborg is het plaasgevind op 25 Maart 2017. Die formaat van die dag was ‘n 4Bal Beterbal Stableford. Aanvanklik was die weersomstandige vroeg die oggend so bietjie onaangenaam en moes die spelers met ‘n baie sterk Suidooster rekening hou. Die wind het egter soos die dag aangegaan het baie afgeneem en in die middag was die omstandighede perfek en is daar baie goeie gholf gespeel.
 
Moorreesburg Gholfklub bedank Perdeberg Motor Groep vir hulle borgskap en die dag is baie geniet deur ieder en elk wat betrokke was. Van die oggend vroeg af is daar al verversings bedien by die natgat op putjie nommer ses en na afloop van die prysuitdeling (Pietman die Skot het ook ‘n paar grappe vertel) kon elke speler vir hom/haarself ‘n lekker T-Bone steak op die kole braai.
 
Die wenners vir die dag op ‘n uittel was J Bougas en A De Nysschen op 47 gevolg deur Erika van Niekerk en Annelise Smit.
 
Die dag was ‘n sukses en ons hoop om almal weer volgende jaar te sien.
 
Groete
 
Maurice Carr
Klub Kaptein

 

 

 

Please reload

Featured Posts

Klub Kampioenskappe - 2018

March 26, 2018

1/4
Please reload

Recent Posts

September 19, 2017

August 14, 2017

Please reload

Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Classic
  • Twitter Classic
  • Pinterest App Icon

 © 2013-2019 Moorreesburg Golf Club