Klub Kampioenskappe - 2017

Die Moorreesburg klub kampioenskappe was Donderdag 27 April 2017 oor 36 putjies gespeel. Na afloop van die dag se spel was drie spelers, Ben Smit, Tiaan Genade en Adriaan Marcus gelyk op 156 houe. ‘n Uitspeelstryd het gevolg en Ben het op die eerste uitspeel putjie ‘n redelik lang set ingeslaan om te wen en is as die 2017 mans kampioen gekroon. Telselfdertyd het Ben se vrou Annelise daarin geslaag om die dames afdeling te wen en vir die eerste keer in die klub se geskiedenis is daar ‘n man en vrou paar wat die klub kampioene is. Daar was 24 spelers wat deelgeneem het in uitstekende toestande en die dag is deur almal geniet.

Featured Posts
Recent Posts
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Classic
  • Twitter Classic
  • Pinterest App Icon

 © 2013-2020 Moorreesburg Golf Club